Verkoeling

Verkoeling word verstaan as die afvoer van warmte uit 'n ruimte waar die warmte 'n nadelige of ongewenste uitwerking kan hê. Verkoeling word veral by voedselbewaring toegepas waar die temperatuur gewoonlik tussen enkele grade bo vriespunt en ongeveer - 60 °C kan varieer. 'n Eenvoudige metode waarvolgens warmte aan 'n stof onttrek kan word, is om 'n koudmakende mengsel, soos byvoorbeeld ys en sout, te gebruik. Met hierdie mengsel kan ʼn temperatuur van so laag as -22 °C bereik word. Ander koudmakende mengsels is onder meer:

ammoniumchloried en water (-16 °C);

ammoniumnitraat en water   (-17 °C);

kalsiumchloried en sneeu (-51 °C);

swaelsuur en sneeu (- 60 °C);

koolstofdioksied en alkohol (-80 °C);

koolstofdioksied en eter (- 90 °C);

koolstofdioksied en asetoon (- 110 °C).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search